Baie geluk aan Pieter & Natascha wat so stillerig verloof geraak het in Januarie.
Niemand weet wat, hoe en presies dit gebeur het nie, maar as jy na daardie glimlagte kyk is details eintlik maar irrelevant.
Dit is wel 2012 en skrikkeljaar, so manne vir die van jul wat nog nie verloof is nie miskien daar ‘n spesiale dame wat van die kans gebruik gaan maak en letterlik die stof onder jou gaan uitslaan.
Nietemin Pieter & Natascha,
Van almal in Wingate Road Runners wens ons julle alle voorspoed, liefde en geluk toe.
Sterkte!
Leon

